RIVERSDAL NUUS - Die fondsinsameling vir sekuriteitskameras by die dorp se ingange is steeds op dreef.
'n Stewige groep donateurs het reeds bydraes gemaak, maar die doelwit van R200 000 is nog nie in sig nie.
'n Hernude poging word aangewend om die inwoners bewus te maak van die projek en by te dra tot 'n saak wat in almal se belang is.
Die bydraes wat tot dusver ontvang is, gaan aangewend word om die leenkamera wat op die N2 as 'n toets gebruik is, te betaal. Daar is ook 'n maandelikse fooi wat betaal moet word om die kamera heeltyds te monitor en gemerkte voertuie te rapporteer. Die doeltreffendheid van die enkele N2-kamera het uitgewys dat 'n groter netwerk baie kan doen om misdaad te beveg.
Beth Paine, voorsitter van Riversdal se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Johan Crous, buurtwag koördineerder en André Louw van Riversdal se sakekamer is as trustees van die taakgroep aangewys en behartig die administrasie.
Erkenning aan donateurs in die volgorde soos ontvang:
DF du Plessis (R50), Rika Muller (R50), Willie van Rensburg (R200), André Louw (R500), Andrew Stroebel (R500), Riversdal SuperSpar (R500), Henque Waste (R1 000), Oosthuizen (R200), G Pool (R500), JC Slagtery (R1 000), MJ Vermeulen (R200), Riversdal Mediese Praktyk (R500), Ria van Dyk (R100), H. Kellerman (200), Mat en Skoonmaak Riversdal (R200), Mini Transport (R200), Riversdal-Wes gemeente (R4 000), Willie de Villiers (R50), Beth Paine (R150) en Letitia Odendaal (R50).
Die bankbesonderhede van die projek is:
Riversdal Landelike Beveiliging
Standard Bank Mossselbaai
Rekeningnommer 18 055 4034.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'