HESSEQUA NUUSFLITS - Die plaaslike munisipaliteit sal geen brandpermit tydens die brandseisoen, wat op Woensdag 7 November begin het, uitreik nie.
Kennis sal gegee word wanneer die omgewing en situasie veilig is om die brandseisoen af te sluit.
Indien enige gras-, veld- of struktuurbrand in die Hessequa-gebied opgemerk word, kan die munisipaliteit se 24-uur noodnommers by 028 7132222 of 084 0141828 geskakel word.
“Die boere word byvoorbaat bedank vir begrip en goeie samewerking die afgelope tyd,” sê Marina Griesel, direkteur: korporatiewe bestuur.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'