HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit doen 'n beroep op alle inwoners en toeriste binne die munisipale gebied om water spaarsamig te gebruik.
As gevolg van 'n aansienlike toename in besoekers en toeriste, tesame met stygende temperature, ervaar die streek 'n oplewing in waterverbruik. Gevolglik word die reservoirvlakke vinnig uitgeput en dit hou 'n ernstige bedreiging vir watervoorsiening in.
Alle inwoners en besoekers word dus vriendelik versoek om hul waterverbruik aansienlik te verminder.
Hessequa-munisipaliteit het reeds waterbeperkings in plek en wetstoepassing sal streng optree teenoor diegene wat die beperkings verontagsaam.
Dit is van kardinale belang dat elke individu die beperkings respekteer en verbruik verminder om die druk op watervoorsiening te verlig.
Oortredings van die waterbeperkings kan by die naaste munisipale kantoor of by 028 713 8000 gerapporteer word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’