ALBERTINIA NUUS - Een van dié dorp se bekendste inwoners, is agter tralies na hy met die gereg gebots het.
Volgens ao. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is daar twee aanklagte teen Fred Carelse (59), nadat hy op Maandag 4 Mei, in hegtenis geneem is vir beweerde regsverydeling en inmenging met die pligte van ’n wetstoepassingsbeampte.
Dit spruit glo uit ’n voorval nadat polisie glo inligting oor onwettige dwelms opgevolg en ’n operasie uitgevoer het, waartydens ’n jongman in hegtenis geneem is.
Die beskuldigde (Carelse) het Donderdag 7 Mei in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is tot Donderdag 14 Mei vir borgtog uitgestel.
Hy bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’