HESSEQUA NUUS - Die feesgangers by die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees is vanjaar aangemoedig om die kunsgalerye te ondersteun – met die moontlikheid om ? unieke versamelstuk te wen.
Elkeen wat kuns by al die galerye gaan kyk het, het 'n kleurplakker gekry wat op 'n roetelegkaart geplak is om hul besoek aan die galery te bevestig.
'n Sonderlinge teepot, geskep deur die kunstenaar Dina Grobler van die Firefly Studio, het geen gelyke nie. Sy benut vier elemente van die aarde: klei, water, wind en vuur.
Haar teepot-reeks heet “Dryfhout tussen kulture.”
Die prys is tydens die Piekniek Klassiek-produksie by Niël Rademan, die uitvoerende hoof van fees, se Dasjesdrift-teaterhuis, onthul.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’