HESSEQUA NUUS - Inwoners regoor die Hessequa munisipale gebied word sedert gister 11 Mei, deur uitgebreide Eskom-kragonderbrekings geraak.
Volgens die munisipaliteit is Eskom-spanne tans op die toneel besig met herstelwerk, waaronder die oprigting van 132kV-hoogspanningspale.
Die onderbrekings raak al die dorpe binne die Hessequa munisipale gebied.
Daar word verwag dat die herstelwerk teen vanaand voltooi sal wees, waarna die kragtoevoer geleidelik herstel behoort te word.
Die munisipaliteit het inwoners om verskoning gevra vir die ongerief en ook bedank vir hul geduld terwyl die herstelwerk voortduur.
Verdere opdaterings sal bekendgemaak word sodra meer inligting beskikbaar raak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’