HESSEQUA NUUS - Hierdie poedel het Saterdagaand (13 Februarie) vanaf Die Skooltjie by die Korentepoortdam weggeraak. Hy is al 18 jaar oud, doof en half blind. Volgens sy eienaars het hy ‘n draai gestap en nooit teruggekom nie.
“Daar is elke dag na hom gesoek, maar nog niks is opgelewer nie,” sê Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS). Die hond se naam is ‘Honne’.
Enigiemand wat weet waar Honne hom bevind, kan Lotz (+27 82 962 1831) kontak, al is dit nie goeie nuus nie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'