HEIDELBERG NUUS - Drie plaaslike polisielede wat van diens af was, het op ‘n wenk gereageer en op Woensdag 22 Mei ‘n 42-jarige man in hegtenis geneem nadat hulle dwelms in sy besit gekry het.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, was die drie D-skof lede, sers. Carlet September, konst. Arthur Rowe en konst. Edward Pieterse van diens af toe hulle 'n wenk kry van 'n man met die dwelms in sy besit.
"Hulle het toe gou aan diens gerapporteer en die persoon om 10:30 in Eksteenstraat voorgekeer waar hulle hom deursoek en op die 15 Mandraxpille en twee bankies tik afgekom het.
Die geskatte straatwaarde van die dwelms is R2 600. Hy is vrygelaat hangende die uitslag van labotoriumtoetse.
Hy is gewaarsku om Maandag 2 September weer in die hof te verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’