HEIDELBERG NUUS - Die afgelope paar weke is by verskeie besigheidspersele en privaat wonings op Heidelberg ingebreek.
Volgens die plaaslike polisie is daar in hierdie tydperk onder andere drie keer by dieselfde winkel in die middedorp ingebreek, waar selfone, simkaarte, handsakke en verskeie ander items van etlike duisende rande gebuit is.
'n Dringende beroep word op inwoners gedoen om nie 'n mark vir die misdadigers te skep deur hul gesteelde goedere aan te koop nie.
Enigiemand met inligting wat sal lei tot die suksesvolle vervolging van die beskuldigde/s word versoek om die ondersoekbeampte, sers Donmary Roberts (079 497 7142) of die dienssentrum (028 722 1910) te skakel. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'