STILBAAI NUUS - Die vissermanne het Woensdag 3 April dit weer geil gehad en sommiges het al vroegdag teruggekom met hulle kwota vis op die boot.
Willie Volschenk, wat saam met Hanlo Barnard op sy boot True Blue uitgegaan het, het 'n bielie van 'n 17 kg kabeljou gevang.
Volgens Willie is dit die grootste kabeljou wat hy al gevang het en is nie min trots daarop nie.
Met die vakansiegangers wat huiswaarts gekeer het, dink die vis miskien hulle kan nou bietjie speel, maar die regte vissermanne is nou bokant hulle.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’