STILBAAI NUUS - Stilbaai se hawe was Woensdag 21 Mei verlate, want nie 'n enkele vissersboot het dit op die oopsee gewaag in die rowwe weerstoestande nie.
Vir ander is die see egter 'n speelplek in hierdie omstandighede en hierdie man het homself gate uit geniet, terwyl hy heen en weer oor Lappiesbaai gejaag het.
Die wind is egter verraderlik en veral met die draaislag het hy homself so nou en dan bietjie misgis, maar was gou weer oppad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’