ALBERTINIA NUUS - Albertinia Dawn (Democratic Alliance Women Network) het tydens ‘n funksie Woensdag 5 Desember in die Theronsville-gemeenskapsaal nee teen geweld teen vroue en kinders gesê.
Die funksie is deel van die 16 Dae aktivisme teen geweld teen vroue en kinders bewusmakingsveldtog.
Die voorsitter, Koos Pieterse het genoem dat die projek ’n goeie doel dien, maar dat dit ’n 365-dae geleentheid moet wees.
Adv. Leslie Morris van die departement van gemeenskapveiligheid van die Wes-Kaap het genoem dat gesinsgeweld ’n siekte is en nie kleur, ouderdom, ras, arm of ryk kies nie.
“Elke vrou is vir haarself verantwoordelik en sy moet opstaan en nie ’n slagoffer bly nie. Wetgewing maak dit moontlik vir die vrou om uit sulke omstandighede te beweeg en hulp te ontvang.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Van links is adv. Leslie Morris, Mary Julies, rdl. Theresia van Rensburg, Venolea Fortuin en Connie Dalton. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'