HESSEQUA NUUS - Goeie reëns verlede week het die Hessequa-streek se damme met nog 'n paar persentasiepunte laat styg en volgens die weerprofete is daar 'n moontlikheid van nog reën later in die week.
Die Duivenhoksdam op Heidelberg en Jongensfonteindam is 100% vol en die ander damme is baie naby daaraan.
Dit beteken egter nie dat water gemors kan word nie en inwoners word gevra om dit spaarsamig te gebruik.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'