STILBAAI NUUS - Die Buurtwag vervul 'n belangrike rol in die veiligheid van elke inwoner in Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein.
Hulle doel is om te dien as ekstra oë en ore vir die polisie en hulle taak is om alle verdagte persone en voertuie aan die polisie te rapporteer.
Snags wanneer almal slaap patrolleer hulle die strate in voertuie of te voet.
Hierdie groep vrywilligers word nie betaal nie en voer hierdie onbaatsugtige taak uit op eie onkoste, maar doen dit omdat hulle omgee.
Soos wat Stilbaai groei en uit sy nate bars groei die misdadige element ook en daarom doen die buurtwag 'n beroep op inwoners om betrokke te raak by die buurtwag. Dit is nie noodwendig nodig om snags rond te ry nie, want daar is ander maniere hoe jy jou deel kan doen.
Tans is daar ses geregistreerde buurtwaggroepe en hieronder is 'n lys met die koördineerders se selfoonnommers.
Kontak hulle indien jy enige inligting soek of betrokke wil raak.
- Stilbaai-Oos Buurtwag - Francois Smit 082 448 5155
- Stilbaai Hoogte Buurtwag - Clifton Donald 082 457 1135
- Stilbaai Platbos Buurtwag - Danie Scholtz 082 411 6768
- Stilbaai Hawe Buurtwag - George Sabbagha 083 650 7430
- Jongensfontein Buurtwag - Henry Matthyser 084 309 0894
- Melkhoutfontein Buurtwag - Henry Philander 076 875 0404
Raak deel van die buurtwag en help die polisie om Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein veilig te hou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’