Update Video
RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven in Riversdal het die langverwagte opening van hul splinternuwe astrohokkieveld sopas gevier - ’n historiese mylpaal as die eerste van sy soort in die hele Hessequa-distrik.
Die projek, met ’n waarde van sowat R7 miljoen, is nou volledig voltooi en beloof om ’n blywende nalatenskap vir sportontwikkeling in die streek te wees.
Volgens skoolhoof Henco Smith is die trots en opgewondenheid in die gemeenskap tasbaar.
“Hierdie projek verbeter nie net ons sportgeriewe nie, maar versterk ook gemeenskapsbande en skep nuwe geleenthede vir ons jeug,” sê Smith.
Die nuwe baan voldoen aan internasionale standaarde en sal nie net deur Hoërskool Langenhoven se leerders gebruik word nie, maar ook beskikbaar wees vir omliggende skole, sportklubs en die breër gemeenskap.
Die moderne Astroturf-oppervlak bied ’n veilige, duursaam speelveld wat minder onderhoud verg as tradisionele grasvelde.
Die suksesvolle voltooiing van die projek was moontlik danksy uitstekende samewerking tussen die skool, ouers, oudleerders, borge en plaaslike besighede.
Video: Ben Snyman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’