STILBAAI NUUS - Marijké Kleynhans van Blombos buite Stilbaai is Maandag 20 Oktober aangewys as een van die vyf finaliste in AfriForum Sakenetwerk se entrepreneur van die jaar kompetisie.
Sy sal van 5 tot 7 November in Pretoria deelneem aan die eindronde van die kompetisie wat hierdie jaar vir die eerste keer as program opgeneem word vir AfriForum TV.
Dit is welverdiend vir hierdie dinamiese sakevrou wat met passie en deursettingsvermoë verskeie ondernemings suksesvol bestuur.
Tussendeur moet sy die kinders soggens by die skool kry en in die namiddag sorg dat hulle betyds by sportoefening en -wedstryde uitkom.
Voorwaar iemand op wie die gemeenskap oneindig trots is.
Marijké, die Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein gemeenskap hou vir jou styf duim vas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’