STILBAAI NUUS - Marijké Kleynhans, Suid-Afrika se kampioen witblitsstoker van Blombos buite Stilbaai, is aangewys as een van die semifinaliste in die AfriForum Sakenetwerk se entrepreneur van die jaar kompetisie vir 2025.
Die semifinaliste is op 14 Oktober aangekondig en die beoordelaars sal nou die finaliste kies wat deurdring na die eindronde.
Op 20 Oktober word die finaliste aangekondig wat dan deurdring na die eindronde wat van 5 tot 7 November in Pretoria plaasvind.
Hierdie jaar sal die kompetisie as TV-program vir AfriForum TV verfilm word.
Marijké is 'n dinamiese sakevrou wat met passie en deursettingsvermoë verskeie ondernemings suksesvol bestuur.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’