HESSEQUA NUUS - Die 50 mm reën wat die afgelope week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het die Korentepoortdam se vlak met 2% laat styg van 74% na 76%.
Die Duivenhoksdam se vlak is onveranderd op 88,2% met Olive Grove en Jongensfonteindam se vlakke albei op 95%.
Die jongste stand van damme:
2 April
Korentepoortdam - 74%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 95%
9 April
Korentepoortdam - 76% - 50mm reën (week) (Volgens Louis van Dyk)
Duivenhoksdam - 88,2% .
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 95%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’