HESSEQUA NUUS - Die 58,6 mm reën wat die afgelope week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het die Korentepoortdam se vlak met 'n raps minder as 7% laat styg van 78,5% na 85%.
Altesaam 123,7 mm reën het in April in die Riversdal-distrik uitgesak.
Die Olive Grove se vlak bly op 95% en Jongensfonteindam is op 100%.
Die jongste stand van damme:
14 April
- Korentepoortdam - 78,5%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfontein dam - 100%
22 April
- Korentepoortdam - 85%
- Duivenhoksdam - 88,2%
- Olive Grove - 96%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’