HESSEQUA NUUS - Altesaam 68 mm reën het tot dusver in Maart in die Riversdal-distrik uitgesak.
Die 20,4 mm wat in die omgewing van die Korentepoortdam uitgesak het, het nie veel van 'n verskil in die damvlak gemaak nie en die vlak met minder as 1% laat styg van 74.12% tot 75%.
Die Duivenhoksdam se vlak is onveranderd op 88,2% met Olive Grove en Jongensfonteindam se vlakke albei op 100%.
Die jongste stand van damme:
10 Maart
Korentepoortdam - 74,12% - 11,1mm reën (week)
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
17 Maart
Korentepoortdam - 75%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 100%
Jongensfontein dam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’