HESSEQUA NUUS - Danksy die 11,1 mm reën wat die afgelope week in die Riversdal-distrik uitgesak het, het die Korentpoortdam se vlak met 'n raps oor die 1% gestyg van 73.1% na 74,12%.
Die Duivenhoksdam se vlak is onveranderd op 88,2% met Olive Grove en Jongensfonteindam se vlakke albei op 100%.
Die jongste stand van damme:
3 Maart
- Korentepoortdam - 73,1% - 69 mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 88,2%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
10 Maart
- Korentepoortdam - 74,12% - 11,1mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 88,2%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’