HESSEQUA NUUS - Met die warm somermaande wat voorlê kan Hessequa se inwoners gerus slaap, want al die damme in die streek is 100% vol. In Riversdal se opvangsgebied het daar die afgelope week slegs 5,1 mm reën uitgesak.
Olive Grove se vlak het mooi gestyg van 95% tot 100%.
Die jongste stand van damme:
2 Desember
- Korentepoortdam - 100,5%
- Duivenhoksdam - 100,2%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
9 Desember
- Korentepoortdam - 100,5%
- Duivenhoksdam - 100,1%
- Olive Grove - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’