HESSEQUA NUUS - Twee weke gelede het daar 109 mm in Riversdal se opvanggebied uitgesak, maar die afgelope week is slegs 1,7 mm reën gemeet.
Die vlakke van bykans al die damme is onveranderd, maar Korentepoortdam se vlak het van 108% na 104,7% gedaal.
Die jongste stand van damme:
30 Oktober
Korentepoortdam - 108%
Duivenhoksdam -103,9%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
4 November
Korentepoortdam - 104,7%
Duivenhoksdam - 103,9%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’