RIVERSDAL NUUS - Baie paaie in Riversdal gaan agteruit vanweë slaggate wat oral opduik.
Suid-Kaap Forum het navraag aan Hessequa-munisipaliteit gerig om uit te vind of enige opgraderingswerk binnekort gedoen gaan word.
Die munisipale woordvoerder, Didi Budricks het in kommentaar genoem dat die herstel van slaggate volgens die instandhoudingsprogramme van elke dorp in die streek gedoen word.
"In Riversdal is Urhwebo e-Transand aangestel om sekere paaie in die dorp op te gradeer," berig Budricks.
Die geaffekteerde paaie is soos volg:
'n Gedeelte van Durbanstraat, tussen Robertson- en Hoofstraat (Heidelbergweg), Lucas Morrisstraat (Kwanokuthula) en 'n gedeelte van President CR Swartstraat, sowel as 'n gedeelte van Uitsiglaan (wyk 8).
Die opgraderingswerk behels die installering van randstene, stormwater infrastruktuur soos benodig, plavei en teer van strate.
"Die konstruksiewerke het op 20 Maart 'n aanvang geneem, met 'n voltooiingsdatum van 30 Junie vanjaar."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'