RIVERSDAL NUUSFLITS - Inligting is pas ontvang dat ‘n brand buite die dorp ontstaan het. Dit is op die Garcia-pas tussen die dorp en Ladismith.
Johan Jacobs, munisipale bestuurder het aan Suid-Kaap Forum gesê dat dit blykbaar as gevolg van weerlig ontstaan het.
Hy het bygevoeg dat Hessequa-brandweer George sal bystaan sodra die Garcia-vuur uitgesit is.
Meer inligting volg sodra beskikbaar.
Die Sleeping Beauty links van die brand by die Garcia-pas.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'