HEIDELBERG NUUS - Op perdeliefhebbers wag daar 'n fees vir die oog by vanjaar se landbouskou in Heidelberg.
Dié skou begin amptelik Woensdagmiddag, 7 Februarie om 13:30, en toegang is gratis. Vir die res van die week, tot Saterdagaand, 11 Februarie, wanneer die skou eindig, word wel toegangsgeld gehef.
Die skou bied weer die Groot Hackney-streekkampioenskappe aan sowel as die streekkampioenskappe van die Wes-Kaapse Walliese ponies.
Daar is ook verskeie ope klasse, die Fries- en Vlaamperde gaan optree en die Hackney-ponies sal geleentheid kry om teen mekaar in die arena mee te ding.
Wat die perde betref, sal die hoogtepunt Saterdagmiddag aanbreek wanneer die span van Agt Fries/Vlaam, asook die Groot Kampioen Hackney-enkeltuie in aksie gaan wees.
Vir navrae kontak Hans Jurie by 082 811 4954 of Chresna Schoonwinkel by 082 2205 207.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’