RIVERSDAL NUUS - Weerlig het brande op die berge noord van Riversdal bo Garcia op sewe plekke laat ontstaan op Dinsdag 31 Oktober tussen 15:00 en 15:30.
Volgens Charl Wade, westelike streekbestuurder van die South Cape Fire Protection Association (SCFPA) is lugsteun ingeroep om een vuur wat 'n plantasie bedreig het, te bestry.
Die lugsteun en 'n vinnige reënbui het dié vuur geblus.
Noue samewerking tussen CapeNature, Mountain to Ocean bosbou-maatskappy (MTO) en die SCFPA wat lugsteun ingeroep het, het moontlike groot verliese verhoed.
Vier van die brande wat teen Woensdag 1 November geblus as gevolg van reën en koel temperature deur die aand. twee aktiewe vure bo Garcia-plantasie en een in Kristalkloof was nog aktief. reën het Woensdag laatmiddag en gedurende die aand weer plek-plek uitgesak.
Die vure is tans egter nog aktief.
Die smeulende brand agter die Garcia plantasie soos op Donderdag 2 November.
Die SCFPA fasaliteer en beplan hulpbronne in samewerking met MTO en CapeNature.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'