Video
STILBAAI NUUS - Die brand wat vroeër vanmiddag op Kransfontein buite Stilbaai uitgebreek het, is steeds nie onder beheer nie.
Suid-Kaap Forum kon nie self op die toneel kom nie, omdat dit nie per motor bereikbaar is nie. Die koerant het wel met Arrie Combrinck, stasiebevelvoerder van NSRI Stasie 31 gesels.
Volgens hom was hy nie self op die toneel nie, maar is hul op bystand sou hul hulp benodig word. “Ons dra nie kennis van enige ongevalle in hierdie stadium nie en is nie bewus van strukture wat afgebrand het nie, maar sake kan dalk verander indien die brand nie geblus word nie.”
Die sterk bergwind bemoeilik ook sake vir die brandbestryders. Hoewel daar sprake was dat lugbystand ingeroep gaan word, kon dit in hierdie stadium nie bevestig word nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'