HEIDELBERG NUUS - 'n Brand in die vroeë oggendure op Donderdag 16 November het die plaaslike JF Neumann Memorial Congregational kerkkantoor heeltemal in puin gelê.
Die skade aan die gebou, elektroniese toerusting en meublement beloop etlike honderdduisende rand.
Aanvanklik is aanvaar dat dit deur 'n kortsluiting veroorsaak is, maar van die gemeentelede is oortuig dat dit die werk van vandaliste was omdat hulle 'n groot gat in die draadheining tussen die kerkperseel en dié van die kleuterskool ontdek het.
Niks kon gered word nie, maar die brandweer kon die vuur blus voordat dit die pastorie bereik.
Die polisie het bevestig dat 'n klag van brandstigting ondersoek word.
Die brand het verwoesting in die kerkkantoor gesaai.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'