Update
ALBERTINIA NUUSFLITS - Die bekuldigde wat vir die moord op Sharon Lee Bester aangekla is, se verhoor neem vandag (Maandag 3 September) ‘n aanvang.
Die saak teen Johannes Bangiso kom in die Hooggeregshof op Mosselbaai voor en is vir die volgende twee weke geskeduleer.
Indien hy skuldig pleit, sal hy waarskynlik ‘n vonnis van 25 jaar opgelê word.
Die 52-jarige Bester is verlede jaar op 28 Oktober dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde in die Albertinia-distrik gevind.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees vorige artikels hier:
- Uit die hof
- Boervrou vermoor: Verdagte in hof
- Opvolg: Albertinia-boervrou vermoor
- Albertinia: Boervrou vermoor
- Bekende dood in huis gevind
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'