ALBERTINIA NUUS - Johannes Bangiso, wat vir die moord op Sharon Lee Bester aangekla word, het Donderdag 14 Junie weer in die plaaslike landdroshof verskyn.
Bangiso sal op 17 Augustus weer in die streekhof op Mosselbaai verskyn. Tot dan bly hy in aanhouding op Mosselbaai.
Die 52-jarige Bester is verlede jaar op 28 Oktober dood in haar huis op die plaas Zout van die Aarde in die Albertinia-distrik gevind. Die nadoodse ondersoek op 1 November het bevind dat sy verwurg is.
Plaaslike speurders het die verdagte, wat op dieselfde plaas gebly het, na knap speurwerk gearresteer, selfs nog voor die uitslag van die lykskouing bekend was.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'