STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai bars uit sy nate, maar Nicky Deetlefs, skoolhoof, sê dat hulle nog genoeg plek het vir die 44 nuwe graadeens wat aangemeld het.
Die groepie is opgedeel in twee klasse en hulle kon nie wag om te begin met die dag nie.
Die mammas was baie meer emosioneel en sommiges het maar moeilik afskeid geneem van hulle bloedjies, maar hulle besef ook dat die kinders in goeie hande is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’