RIVERSDAL NUUS - Yvonne van der Berg, Elna van der Walt en Derek Odendaal geniet dit reeds vir jare om die Langeberge te verken.
Hulle het ‘n wyle gelede besluit om die sewe hoogste en prominentste pieke in die Riversdal-omgewing van die Langeberge te klim.
Die drie stappers het die sewe pieke met verdrag aangepak en een vir een afgemerk, soms saam met ander stappers, maar meestal net die drie saam.
So is al sewe die pieke onlangs afgemerk toe Aasvoëlkrans (oos van Sleeping Beauty) op Sondag, 28 Maart geklim is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'