HEIDELBERG NUUS - Nóg 'n groot seder van dié dorp het gisteraand skielik gegroet. Johannes "Jack" Meyers (80), die jongste en laaste van die bekende Meyers-broers, se skielike dood ná 'n hartaanval, het die dorp geruk.
Jack, soos hy alombekend was, was een van die bekende Meyers Broers-boukontrakteurs en hy was ook 'n beminde groente- en vrugtesmous.
Hy was ook 'n blokman van formaat.
Benewens sy vrou Eileen, met wie hy 35 jaar getroud was, laat hy ook sy suster, Milly Meyers, agter.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’