ALBERTINIA NUUS - Albertinia-versorgingsdienste was Vrydag 26 Julie onder die topdrie spanne by die jaarlikse Hessequa-sportdag.
Sewe spanne vanuit die Hessequa-streek het deelgeneem. Johan Pieterse en Merry Vogel is as Mnr. en Mev. Hessequa aangewys.
Volgens hulle bestuurder, Heleen van den Heever en die spanleiers, Claudia Terblanche, Huibrie Oosthuizen, Debbie Wellen en Marietjie Ludick is hulle baie trots op die span.
Die oudste deelnemer by die sportdag was die 94-jarige Dorothy Johnson van Albertinia.
Agter, van links: Marietjie Ludick, Huibrie Oosthuizen en Claudia Terblanche. Voor: Debbie Wellen, Heleen van den Heever, Johan Pieterse, Merry Vogel en Grant Riddles, uitvoerende burgemeester. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'