RIVERSDAL NUUS - Gebrekkige behuising, buitetoilette, slaggate in die paaie en modderige sypaadjies...
Dit was enkele van die knelpunte wat inwoners van Riversdal tydens die eerste van die munisipaliteit se 2020/2021 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)-vergadering geopper het.
Die eerste twee vergaderings van die belastingjaar is Maandag 7 Oktober by die Thusongsentrum in Riversdal en in die Stilbaai-gemeenskapsaal gehou.
Tydens die vergaderings is die GOP-proses verduidelik, terugvoer oor vorige insette en projekte wat daaruit voortgevloei het gegee en nuwe insette uit die gehoor ontvang.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Tuinroete nuus'