STILBAAI NUUS - Badisa Stilbaai het Dinsdag 10 Oktober hulle nuwe kantore met ’n klein geselligheid bekendgestel.
Hulle het geskuif van die NG Kerkkantore na Melkboomstraat 14, reg langs die kerkkantoor.
Die gebou behoort aan die NG Kerk Stilbaai en dit word gratis aan Badisa beskikbaar gestel.
Badisa het nou baie meer ruimte om hulle programme aan te bied en ook genoeg kantoorruimte vir die personeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’