STILBAAI NUUS - Die koue, nat toestande wat tans heers laat selfs die ysbere bibber en iewers in die gemeenskap sit 'n weerlose mens onder 'n dun kombersie en bid vir warmer dae.
Dit is om hierdie rede dat Badisa Stilbaai en Pep Stores saamgespan het om die Groot Kombers Projek van stapel te stuur.
Miskien lê daar iewers in jou huis 'n ongebruikte kombers waarmee jy 'n verskil in iemand se lewe kan maak.
Gee die kombers in by Pep Stores of Badisa se kantoor in Melkboomstraat 14 of koop 'n kombers by Pep Stores en los dit by hulle.
Pep Stores en Badisa Stilbaai sal seker maak dat dit by diegene uitkom wat dit die nodigste het.
Doen dit vandag nog en maak die verskil.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’