HESSEQUA NUUS - Die traumakamers by polisiestasies in die streek het almal tot dusver 'n rustige inperkingstyd beleef.
Meeste het op Suid-Kaap Forum se navraag gesê dit was stiller as gewoonlik.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, het die aantal voorvalle in Heidelberg dieselfde gebly.
Kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, vermoed mense was bang om siek te word: "Sommige mense dink dalk hul kans om Covid-19 op te doen is groter as hulle die traumakamer gebruik."
Sers. Christiana Lewaks van Stilbaai-polisie sê hulle het nie eens een oproep uit die gemeenskap ontvang nie. Riversdal se traumakamer was eweneens baie rustig, volgens stasiebevelvoerder lt.kol. Delecia Isaacs.
Hoewel daar nie nou dringende behoeftes aan skenkings is nie, sal die volgende tog verwelkom word: Maskers (Riversdal), babadoeke en -pap, kitsnoedels, onderklere (Heidelberg) en speelgoed (Stilbaai).
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'