'n Nuwe bestuur onder die voorsitterskap van James Gelderbloem, is ook verkies.
Die kiesbeampte in die derde poging om die AJV te laat geskied, was Eden DM raadslid, Maria Fielies, van Riversdal. Die ander vier top poste, word onderskeidelik deur Venitto van Niekerk onder-voorsitter, Lisby Pieterse, sekretaris, Stella Roberts, hulp-sekretaris en Riaan Oktober, kassier, beklee. Tien bykomende lede is ook tot die bestuur verkies.
Beide Gelderbloem en Van Niekerk het tydens hul kort toesprake die lede bedank vir die vertroue in hulle gestel en benadruk dat dit net goeie samewerking en harde werk gaan verg om die naderende verkiesing suksesvol vir die party aan te pak.

Die groep ANC lede is tot die bestuur van die Mervyn Joseph tak ( wyk 5) verkies. Agter van links staan: Velicia Michaels, Carmelita Davids, Patricia Gelderbloem, Peterlin Riddles, Sheila en Nelwyn Pieterse, Rouen Africa, Alwina Jegels en adv. Mark Nicholls, almal bykomende lede. Voor sit: Riaan Oktober, Stella Roberts, Lisby Pieterse, James Gelderbloem en Venitto van Niekerk. Foto: Clive Pretorius.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg | Hessequa nuus'