STILBAAI NUUS - Anwyn’s Acro Dance Academy se dansertjies het Stilbaai weereens aan die brand gedans.
Dit was tydens die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod wat 27 Mei in die Stilbaai-gemeenskapsaal plaasgevind het.
Die meerderheid van die dansers is deur na die galabyeenkoms wat 15 Oktober in die gemeenskapsaal plaasvind.
Anwyn Winterbach, eienaar van die Dance Academy is nie min trots op hulle prestasies nie en skryf dit toe aan ure se harde werk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’