STILBAAI NUUS - Die verslapping in Covid-19-regulasies het net betyds gekom om te verseker dat die Afvalgilde se tweede byeenkoms in 2022 'n reusesukses was.
Daar was 79 afvalliefhebbers teenwoordig en die lippe het behoorlik geklap.
Feedem se personeel by Huis Stilbaai weet verseker hoe om die perfekte afval voor te berei en die patats daarmee saam was die kersie op die koek.
Die gilde het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die uitgetrede voorsitter, Kerneels Swanepoel, met erelidmaatskap te vereer.
Die nuwe voorsitter, Willie Delport, wat die oorhandiging aan Swanepoel gedoen het, het gesê dat hy diep spore in die gilde getrap het.
Hy het lid geword in 2008, was sentmeester vir drie jaar en daarna voorsitter van 2019 tot einde 2021.
Willie Delport (voorsitter) oorhandig erelidmaatskap aan Kerneels Swanepoel. Foto: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus’