Beide funksies is in die Diepkloof Jeugsentrum aangebied. Tydens die eerste funksie het die vlak 4 leerders van die sentrum 'n baie geslaagde en oorspronklike "modeskou" aangebied as deel van 'n Engelse taak wat hulle moes doen. Die taak "The Fashion over the past Five Years" moes die beeld van die mode van dié tydperk uitbeeld.
Volgens me. Elize Michaels, vlak 4 fasiliteerder, het die leerders almal in die saal verras met hul oorspronklikheid.
Die tweede funksie, 'n Familie Geletterdheidsklas, onder leiding van me. Theresa Bayman, is aangebied om veral ouers aan te moedig om persoonlik aktief betrokke te raak met hul kinders se na-skoolse akademiese verpligtinge.
Tydens die program het een van die kinders, Heinrich Vollenhoven, wie se ma deel is van die program, sy vyfde verjaarsdag, met 'n partytjie gevier. Volgens Bayman wil hulle graag meer ouers betrek by dié program en rig sy graag 'n versoek aan diegene wat belangstel om met hulle by die sentrum te skakel. Die kontaknommer is 028 722 1631.

Die groep ouers en kleuters het deel uitgemaak van die plaaslike ABET sentrum se Familie Geletterdheids uitreikingsprogram in die Diepkloof Jeugsentrum op Heidelberg. Heel regs staan mee. Theresa Bayman en June Davids, fasiliteerder en sentrumbestuurder onderskeidelik. Voor in die middel op die stoel staan Heinrich Vollenhoven, wat sy vyfde verjaarsdag met sy maatjies gevier het.

Die vlak 4 leerders vertoon hier ’n paar van “hul patrone en nuutste modes” wat hulle tydens hul taak modeskou uitgestal het.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS