HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit spog vir die agste agtereenvolgende jaar met 'n skoon ouditverslag vir die 2020/21 finansiële jaar.
Dit bevestig weereens dat dié munisipaliteit een van die top munisipaliteite in die land is.
Volgens die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles, is die munisipaliteit se hooffunksie om die gemeenskap te dien.
Die Munisipale Bestuurder, Johan Jacobs, het beklemtoon dat hierdie uitsonderlike prestasie moontlik gemaak is deur Hessequa se Raad, wat die administrasie die ruimte gee om hul werk uit te voer en sodoende die gemeenskap te dien.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'