Gallery Video
HEIDELBERG NUUS - Drie gesinne van Joe Slovopark, Heidelberg het vroeg Donderdagoggend, 6 Januarie al hul besittings in ’n oogwink verloor toe ’n vuur hulle houthuise tot op die grond afgebrand het.
Almal kon gelukkig veilig uitkom en was daar geen lewensverlies nie.
Riaan Afrika se hond, Lola wat dragtig is, het wel brandwonde opgedoen en het baie pyn verduur.
FOTOGALERY: Drie Heidelberg gesinne verloor als in brand
Hulle doen ’n dringende beroep op enigiemand wat bereid is om hulp van enige aard te verleen. Bereidwilligs kan Lizel du Toit skakel (081 057 3279).
VIDEO: 3 Gesinne verloor alles in brand
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'