STILBAAI NUUS - OK Foods Stilbaai is onlangs aangewys as die King of Private Labels vir Suid-Afrika, Namibië en Eswatini(voorheen Swaziland).
Die winkel het die Konsessiehouer van die Jaar-toekenning in die Private Label-kategorie by vanjaar se toekenningsgeleentheid in Praag, Tsjeggiese Republiek, ontvang.
'n Merkwaardige prestasie in ag genome die feit dat daar meer as 500 OK Foods winkels in hierdie drie lande besigheid doen.
Die toekenning erken uitstaande prestasie in groei, verkope, produkaanbieding, verskeidenheid en beskikbaarheid in hierdie sleutel kategorie.
JC Janse van Rensburg, wat die toekenning namens OK Foods Stilbaai ontvang het, het gesê dat hierdie toekenning die vertroue van die gemeenskap in hulle produkte en die bekostigbaarheid daarvan wys. Dit weerspieël ook die harde werk wat hulle as 'n span insit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’