STILBAAI NUUS - Stilbaai-parkrun het Saterdag 13 Desember 211 drawwers en stappers gelok om in perfekte weer die pragtige roete aan te durf.
Jurgen Schutte en Manny Moniz, albei van Stilbaai, het Saterdag hulle 100ste wedloop voltooi en nou druk hulle vir 150.
Paulus Kruger en sy gesin, al die pad uit Nederland, kuier by sy ouers en hulle het saam met oupa, Paul Kruger, die roete aangedurf.
Die Stilbaai-Wes-parkrun is elke Saterdagoggend 08:00 vanaf die parkeerterrein by die visvywers langs die hawe en volg 'n lekker en mooi roete langs die strand en die Goukourivier.
Vir diegene wat hou van afwisseling is daar die nuwe Bon Game-parkrun onder die Gouritzrivierbrug, binne die Bon Game-wildreservaat. 'n Pragtige roete en daar is ook 'n lekker restaurant vir 'n koppie koffie en ontbyt na die tyd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’