STILBAAI NUUS - Esmarelda van Zyl-Kilian van die WAS Foundation en haar helpers het 'n derde Kersfees van liefde en omgee in Stilbaai gehad.
Hulle het Vrydagoggend, 12 Desember, vir elke inwoner van Huis Stilbaai 'n bederfsakkie met basiese lekkernye, toiletware en 'n Kerskaartjie met 'n warm boodskap gegee.
Esmarelda sê dat baie van die inwoners beleef die feestyd alleen, maar hulle wil hê dat elke oom en tannie moet weet hulle is geliefd, gewaardeerd en sal nooit vergeet word nie.
Die Kerskaartjies is gemaak deur leerders van Paideia Onderrigsentrum en Laerskool Bertie Barnard asook Anel Marais Bezuidenhout.
Kontak Esmarelda by 071 353 3201 indien jy meer te wete wil kom rakende die WAS Foundation.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’