STILBAAI NUUS - Inwoners van dié kusdorp was vir ure sonder water nadat 'n hoofwaterpyp Vrydag 15 November gebreek het.
Die Oostekant van Stilbaai is hierdeur geraak. Volgens Hessequa-munisipaliteit het hul departement tegniese dienste dadelik gereageer en aandag aan die probleem geskenk.
Johan Jacobs, munisipale bestuurder het gesê: "Twee watertrokke is beskikbaar gestel om die Platbos-gebied van water te voorsien. Ons bied verskoning aan vir die ongerief. As 'n voorkomende maatreël het die munisipaliteit ekstra onderdele bestel indien enige onbeplande breuke gedurende seisoentyd sou plaasvind."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'