RIVERSDAL NUUS - Dit was Sondag 28 Oktober presies 100 jaar dat die Spaanse griep een van die dorp se bekende inwoners se afsterwe veroorsaak het.
George Stephen Wakefield, gebore in 1890 uit die huwelik van eerw. George Edward en Mary Wakefield volg in die voetspore van sy pa en word St. Andrews Mission Kerk se eerste predikant.
Hy word siek van die virus op 22 Oktober 1918. Tydens sy siekbed, wat slegs ses dae was, stel hy sy laaste testament op.
Sy suster, Kate Anderson is sy eksekuteur en hy bemaak al sy bates aan sy pa en verloofde, Olive Olivier, in gelyke dele. Sy begrafnis was op Donderdag 29 Oktober. 'n Pragtige koper gedenkplaat in St. Andrews herdenk sy lewe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'